SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

ODENDAAL, Gerda. Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.257-276. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a16.

Die studie stel ondersoek in na die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie te midde van 'n fel Nederlands-Afrikaans-stryd in die wordingsjare van die Afrikaanse leksikografie. Daar word eerstens gefokus op die aanvang van die Afrikaanse leksikografie aan die Universiteit Stellenbosch deur die publikasie van Mansvelt se Idioticon. Vervolgens word 'n oorsig gegee oor die spellingstryd tussen die voorstanders van Nederlands, met W.J. Viljoen aan die stuur, en die voorstanders van Afrikaans, onder leiding van J.J. Smith, beide dosente aan die Universiteit Stellenbosch, wat geheers het in die tydperk waarin hierdie universiteit hom as 'n Afrikaanse universiteit onderskei het. Ten slotte word gedui op die voortgesette Nederlands-Afrikaans-stryd soos wat dit in die daaropvolgende jare in die woordeboek vir spesiale doeleindes, die Afrikaanse woordelys en spelreëls, tot uitdrukking gebring is en die blywende invloed wat die stryd op die Afrikaanse spelling gehad het.

Palabras clave : Departement Afrikaans en Nederlands; Universiteit Stellenbosch; Afrikaans; Nederlands; leksikografie; taalstryd; Mansvelt; Idioticon; W.J. Viljoen; Vereenvoudigde Nederlandse Spelling; J.J. Smith; Afrikaanse Taalvereniging; Afrikaanse woordelys en spelreëls; Taalkommissie; Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons