SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN DER WALT, B.J.. Op soek na nuwe perspektiewe op die Mis en die Nagmaal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.238-256. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a15.

In opvolging van ’n historiese bydrae in hierdie tydskrif (Van der Walt 2015) van verskillende beskouinge oor die nagmaal gedurende die sestiende eeu, waarin op Bybels onverantwoordbare filosofiese invloede gewys is, wil hierdie artikel op ’n meer sistematiese wyse vanuit ’n Christelik-filosofiese benadering in die lig van die Skrif na nuwe perspektiewe op hierdie sakrament soek. Eers word sekere van die vroeëre beskouinge - wat vandag in baie opsigte na 500 jaar nog voortduur - verder filosofies geanaliseer, om daarteenoor die nodige korreksies vanuit ʼn nuwe visie te kan stel. In ’n vergelyking tussen die Roomse verstaan van die mis en die Gereformeerde kyk op die nagmaal word die aandag op ooreenkomste sowel as verskille gevestig. Dit blyk dat die Katolieke visie vanuit ’n synsfilosofie uitgaan, terwyl Gereformeerdes ’n antropologiese bewussynsfilosofie as vertrekpunt hanteer en dat beide vanuit h Bybels-georiënteerde, Reformatoriese filosofie bevraagteken kan word. Hierdie ondersoek loop dus uit op ’n herbesinning in die lig van wat Christus self by die instelling van hierdie sakrament gedoen en gesê het. Die nagmaal is, van menslike kant beskou, nie ’n ontiese of antropologies-verspiritualiseerde gebeure nie, maar van diep en omvattende religieuse aard. Soos wat ’n moeder nie net vir haar kind sê dat sy hom/haar liefhet nie, maar dit ook met ’n soen bevestig, getuig God van sy kant nie net in sy Woord van sy grenselose liefde nie, maar bevestig Hy dit ook met sy liefdeskus by die nagmaal.

Palavras-chave : aksidens; antropologiese digotomie; Calvyn, J.; liggaam of vlees; mis en nagmaal; (nuwe) verbond; ontologie en antropologie; Paasfees; religie; semi-)mistiek; siel of gees; substansie; synsfilosofie en bewussynsfilosofie; "unio mystica"; Aquino; Thomas van; Zwingli, U.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons