SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER WALT, B.J.. Op soek na nuwe perspektiewe op die Mis en die Nagmaal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.238-256. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a15.

In opvolging van ’n historiese bydrae in hierdie tydskrif (Van der Walt 2015) van verskillende beskouinge oor die nagmaal gedurende die sestiende eeu, waarin op Bybels onverantwoordbare filosofiese invloede gewys is, wil hierdie artikel op ’n meer sistematiese wyse vanuit ’n Christelik-filosofiese benadering in die lig van die Skrif na nuwe perspektiewe op hierdie sakrament soek. Eers word sekere van die vroeëre beskouinge - wat vandag in baie opsigte na 500 jaar nog voortduur - verder filosofies geanaliseer, om daarteenoor die nodige korreksies vanuit ʼn nuwe visie te kan stel. In ’n vergelyking tussen die Roomse verstaan van die mis en die Gereformeerde kyk op die nagmaal word die aandag op ooreenkomste sowel as verskille gevestig. Dit blyk dat die Katolieke visie vanuit ’n synsfilosofie uitgaan, terwyl Gereformeerdes ’n antropologiese bewussynsfilosofie as vertrekpunt hanteer en dat beide vanuit h Bybels-georiënteerde, Reformatoriese filosofie bevraagteken kan word. Hierdie ondersoek loop dus uit op ’n herbesinning in die lig van wat Christus self by die instelling van hierdie sakrament gedoen en gesê het. Die nagmaal is, van menslike kant beskou, nie ’n ontiese of antropologies-verspiritualiseerde gebeure nie, maar van diep en omvattende religieuse aard. Soos wat ’n moeder nie net vir haar kind sê dat sy hom/haar liefhet nie, maar dit ook met ’n soen bevestig, getuig God van sy kant nie net in sy Woord van sy grenselose liefde nie, maar bevestig Hy dit ook met sy liefdeskus by die nagmaal.

Palabras clave : aksidens; antropologiese digotomie; Calvyn, J.; liggaam of vlees; mis en nagmaal; (nuwe) verbond; ontologie en antropologie; Paasfees; religie; semi-)mistiek; siel of gees; substansie; synsfilosofie en bewussynsfilosofie; "unio mystica"; Aquino; Thomas van; Zwingli, U.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons