SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

THERON, Erika  and  BITZER, Eli. Studente se leerbetrokkenheid aan 'n privaat hoër-onderwysinstelling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.207-220. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a13.

Voorgraadse residensiële studente in Suid-Afrika se studie- en leerbehoeftes verskil beduidend van dié van vorige geslagte. Dit blyk duidelik uit die onlangse studente-onrus oor aangeleenthede soos studie-bekostigbaarheid, studente-toegang tot hoër onderwys en die leermodusse in hoër onderwys. Nuwe leerbehoeftes hou ook verband met aspekte soos tegnologiese geletterdheid, onmiddellike behoeftebevrediging, die beskikbaarheid van kennisbronne, studente se sosiale aspirasies en -verbintenisse, hul self-gesentreerdheid asook die mate van studentebetrokkenheid by onderrig- en leersituasies. Hierdie navorsingsprojek se eerste doel was om te bepaal wat die leerbehoeftes van 'n groep studente aan 'n gekose privaat hoëronderwysinstelling is; tweedens is gepoog om vas te stel hoe betrokke hierdie groep studente, volgens hul eie waarneming en dié van hul dosente, by leersituasies is en derdens, wat gedoen kan word om leerbetrokkenheid te bevorder en derhalwe studente se potensiaal tot leersukses te verhoog. Deur 'n gemengde-metode navorsingsontwerp en deelname van die studente en dosente, maak die ondersoek drie hoofbevindings: Eerstens dat veranderende leerbehoetes van huidige studente in privaat hoëronderwys deeglik besef en erken word. Tweedens dat sodanige studente hul betrokkenheid by leer deurgaans as belangrik beskou, maar dat voldoende leergeleenthede enersyds moontlik nie optimaal deur die instelling geskep word nie, of andersyds, waar dit wel geskep word, dit nie optimaal benut word nie. Derdens blyk dit dat studente in privaat hoëronderwys bepaalde leerbehoeftes het wat, indien dit bevredig word, kan bydra tot groter leerbetrokkenheid. Die bevindinge dui ook op implikasies vir dosente aan hierdie tipe instellings om beter vir 'n nuwe generasie studente se leerbehoeftes voorsiening te maak.

Keywords : studentebetrokkenheid; privaat hoëronderwys; studenteleer; nuwe generasie studente.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License