SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN COLLER, H.P.  and  HUMAN-NEL, Marian. Schreiner vs. Joubert: Hul vernuwende rol in die Suid-Afrikaanse literatuursisteem. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.169-189. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a11.

Die doel van hierdie artikel is om die wedersydse werking tussen literatuur en die samelewing te illustreer aan die hand van twee konkrete literêre voorbeelde. Daar word in hierdie verband gekyk na die invloed van die maatskappy op dit waaroor hierdie gekose skrywers op 'n gegewe moment skryf en die invloed van die sosiopolitieke omstandighede op die beoordeling van sodanige tekste. Binne die literêr-sistemiese benadering wat hier gevolg word, met die aanname dat die literêre teks slegs een (hoewel belangrike) aspek is van 'n literêre sisteem, word ook gekyk of die tekste en die ontvangs daarvan weer 'n uitwerking het op die maatskappy/sosiale of sosiopolitieke omgewing waaroor daar geskryf is. Die werk van twee alombekende Suid-Afrikaanse vroueskrywers, Olive Schreiner (1855-1920) en Elsa Joubert (1922-), spesifiek Schreiner se teks, The Story of an African Farm (1883), en Joubert se baanbrekende roman, Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), word gebruik om hierdie resepsie-ondersoek1 te loods. Daarom is die fokus ook op die ontvangs van hierdie tekste deur hekwagters2 in die literêre veld3 tydens die onderskeie resepsie-periodes.4 Daar word tot die slotsom gekom dat beide skrywers onderskeidelik met elk van hierdie romans literêre verwagtings deurbreek het, literêre vernuwing gebring het, en naas literêre waardering, ook erkenning gekry het van 'n breër (lesers)publiek. Ten slotte word op η vergelykende wyse aangedui hoe hierdie literêre normdeurbreking nie net bygedra het tot vernuwing van die afsonderlike literatuursisteme nie, maar ook die sosiopolitieke sfeer in Suid-Afrika beïnvloed het.

Keywords : Literatuur en samelewing; literêre sisteem; literêre prestige; realisme verwagtingshorison; normdeurbreking; maatskaplike en sosio-politieke gebeure; Poppie; African Farm.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License