SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1Student teachers' interpretation and use of learning theory conceptsThe perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN ROOY, Bertus  y  KRUGER, Haidee. Faktore wat die weglating van die Afrikaanse onderskikker dat bepaal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.102-116. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a7.

Die stelbysin in geskrewe Afrikaans vertoon twee variante. Die onderskikker dat word saam met afhanklike woordorde (SXV) gebruik in die een vorm, terwyl die ander vorm sonder die onderskikker voorkom en hoofsinwoordorde (SVX) gebruik. In hierdie artikel word die korpuslinguistiek as metode gebruik om ondersoek in te stel na die faktore wat verband hou met die keuse tussen die twee variante. 'n Analise van die Taalkommissiekorpus dui daarop dat die werkwoord van die hoofsin veral deurslaggewend is vir die keuse. Werkwoorde met 'n algemene betekenis wat met hoë frekwensie voorkom word eerder saam met die stelbysin sonder 'n onderskikker gebruik, terwyl werkwoorde met 'n meer spesifieke betekenis en dikwels laer frekwensie kombineer met die stelbysin wat 'n eksplisiete onderskikker bevat. Verder speel die register van tekste 'n rol, deurdat meer formele registers eerder die variant met dat verkies. Die bevindinge dui daarop dat die vorm sonder dat geassosieer word met hoër tematiese prominensie vir die stelbysin, terwyl die vorm met dat die prominensie verskuif na die hoofsin.

Palabras clave : Afrikaans; sintaksis; woordorde; variasie; stelbysin onderskikker; afhanklike woordorde; register; werkwoordlemma; informatiwiteit; korpuslinguistiek.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons