SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1On the status of "oe" in Afrikaans: an acoustic analysisSustainability reporting in the mining sector: identifying critical issues índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

KIRSTEN, Johanita. Veranderinge in adverbiale tydsverwysing in Afrikaans van 1911 tot 2010. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.45-61. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a4.

Die tempussisteem van Afrikaans is heelwat vereenvoudig in vergelyking met dié van Nederlands, waaruit dit ontwikkel het, en daarom maak sprekers en skrywers van Afrikaans ook staat op verskeie ander maniere om gebeurtenisse of situasies in tyd deikties te anker, soos adverbia van tyd (byvoorbeeld "toe", "gister", "oormôre") en setselgroepe (byvoorbeeld "in die aand"). Terwyl die tempusstelsel van Afrikaans min opsigtelike verandering toon sedert die standaardisering van Afrikaans, staan sake anders wat die adverbiale elemente se rol in temporele verwysing betref. Die frekwente woorde "nou", "toe" en "dan" verrig verskeie funksies, waarvan temporele verwysing 'n belangrike deel uitmaak. Hierdie artikel ondersoek eerstens die gebruike van die adverbiale gebruike van "nou", "toe" en "dan" in diachroniese korpusse van Afrikaans wat vier periodes (1911-1920, 1941-1950, 1971-1980, 2001-2010) dek, met ongeveer 261 000 woorde per periode. Die gebruike van hierdie woorde toon sterk tekens van verandering, en spesifiek "nou" en "dan" toon 'n radikale vermindering van gebruike. In die tweede plek word moontlike verklarings vir die veranderinge rondom hierdie woorde in die korpus gesoek. 'n Toename in die gebruik van 'n aantal meer spesifieke temporele adverbia (byvoorbeeld "terwyl", "wanneer") dui aan dat adverbiale temporele verwysing se funksionele lading versprei het. Dit sluit ook aan by die groter sosio-kulturele konteks van Afrikaans, wat aanleiding gegee het tot toenemende standaardisering en verformalisering van Afrikaans deur die loop van die twintigste eeu.

Palavras-chave : Afrikaans; tempus; temporele verwysing; absolute temporele verwysing; relatiewe temporele verwysing; temporele adverbia; korpus; diachroniese korpuslinguistiek; gebruiksfrekwensie; verformalisering.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons