SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTMDollarisation as economic solution for the Zimbabwean demise índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

WASSERMAN, Ronel. Moet en must: 'n Geval van Afrikaanse invloed op Suid-Afrikaanse Engels. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.25-44. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a3.

Hierdie artikel ondersoek die effek van die unieke kontaksituasie tussen gebruikers van Afrikaans en die moedertaalvariëteit van Suid-Afrikaanse Engels (SAfE) op die verspreiding van die kenmerkende makro- en mikrosemantiese eienskappe van must in SAfE. Ekstra-linguistiese motivering, sowel as linguistiese (sinchroniese en diachroniese) motivering aan die hand van korpusdata, word ten gunste van die invloed van Afrikaanse moet op must in SAfE gebied. Die ekstra-linguisitiese bespreking verken die komplekse sosiopolitiese verhouding tussen gebruikers van Afrikaans en SAfE, sowel as kwessies rakende ras en identiteit, en tweetaligheid en die onderwyssisteem. Die linguistiese bespreking ondersoek die mate waartoe must in SAfE aan die kriteria vir kontakgeïnduseerde verandering voldoen en lê in hierdie verband eerstens klem op die ooreenkomste tussen moet en must op grammatikale en semantiese vlakke. Die mate waartoe moet en must gegrammatikaliseer is (spesifiek rakende negatiewe vorme) word veral ondersoek en vergelyk. Op kwantitatiewe vlak getuig die sinchroniese en diachroniese resultate van die ondersoek van die trekkrag van Afrikaanse moet op must in SAfE in terme van gebruiksfrekwensie, en hierdie trekkrag word deur die kwalitatiewe diachroniese resultate ondersteun. Die kwalitatiewe diachroniese analise bevind dat moet in Afrikaans en must in SAfE soortgelyke verskuiwings in die makro- en mikrosemantiek vanaf die 1910's-1950's tot die 1990's-2010's in die geskrewe register ondergaan, veral ten gunste van die oordrag van mediumvlakke van verpligting met 'n objektiewe deontiese bron. Must in SAfE volg dus 'n Afrikaans-soortige semantiese patroon wat sterk van die tendens in ander moedertaalvariëteite van Engels in die wêreld afwyk.

Palavras-chave : Afrikaans; Suid-Afrikaanse Engels; modale hulpwerkwoord; modaliteit; semantiek; taalverandering; semantiese verandering; grammatikalisering; taalkontak; identiteit; sosiolinguistiek; historiese linguistiek; korpus-linguistiek; historiese korpus.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons