SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1The liberal welfare state: democracy or meritocracy?On the status of "oe" in Afrikaans: an acoustic analysis índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

CONRADIE, C. Jac. Willens en wetens: Perspektiewe op die Afrikaanse werkwoord wil. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.7-24. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a2.

Die Afrikaanse modale werkwoord wil (en sy imperfekvorm wou), wat meestal as hulpwerkwoord gebruik word, kan verskillende betekenisskakerings aanneem, onder meer "begeer", "onderneem", "wens", "bereid wees", "neig", "dreig" en "op die punt wees"; dit maak ook deel uit van taalhandelinge, byvoorbeeld om wense uit te druk en is die enigste modale werkwoord wat reduplikasie kan ondergaan (wil-wil, wou-wou). Die meeste van hierdie betekenisse en gebruike word ondervang deur aan te neem dat wil in wese 'n handelingswerkwoord is wat op "voorbereidende aksie" dui en waarop die spreker 'n interne of eksterne perspektief kan hê. Die interne perspektief (wat ons wil1 kan noem) gaan uit van taalgebruikers se vermeende vertroudheid met wil as psigiese of mentale handeling, wat egter op nie-menslike lewensvorme en selfs nie-lewende entiteite geprojekteer kan word. 'n Tipiese gebruik is byvoorbeeld Ek wil wen, waar die uitspreek van 'n begeerte om te wen (die wilsaksie) deur 'n persoon geïnisieer word, met My kar wil nie vat nie as moontlike projeksie. Die eksterne perspektief (wil2) berus op die waarneming van byvoorbeeld natuurkragte, waar die aksie weens die taalgebruiker se onvermoë om die onderliggende kragte regstreeks waar te neem slegs gekonstateer kan word as dit op die punt is om te gebeur, byvoorbeeld Dit wil reën, as dit "dreig" om te reën. Omdat reduplikasie in Afrikaans onder meer kan dui op herhaalde - maar ongeslaagde - pogings om 'n doel te bereik, kan dit in Dit wil-wil reën aangewend word om die onmiddellike moontlikheid van 'n reënbui te beklemtoon. Sodoende kan die modale hulpwerkwoord wil(-wil) vanuit die eksterne perspektief deur 'n verdere proses van grammatikalisasie die aspektuele funksie van anterioriteit aanneem, wat dan selfs op menslike gemoedsaandoeninge van toepassing gemaak kan word. Omdat die interpretasie van 'n uiting deur 'n perspektiefwisseling verstel kan word van interne wilsaksie na anterioriteit en omgekeerd, kan aangeneem word dat daar 'n kontinuum tussen die twee perspektiefpole bestaan. Grammatikale kenmerke wat met die twee perspektiewe korreleer, is dat die interne wilsaksie ontken kan word (behalwe in taalhandelinge) en reduplikasie uitgesluit is, terwyl die ekstern waargenome aksie vanweë sy onmiddellike konstatering nie ontken kan word nie, maar dan juis deur reduplikasie beklemtoon kan word.

Palabras clave : binneperspektief; buiteperspektief; dubbelverplasing; epistemies; grammatikalisering; kontinuum; modale werkwoord; passief; projeksie; reduplikasie; taalhandeling; waarnemingsperspektief; wil; wilsaksie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons