SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número4The practice of Mathematics teacher collaboration as grounded in the learning community framework and the invitational education approach índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

LE CORDEUR, Michael. Die kwessie van Kaaps: Afrikaansonderrig op skool benodig 'n meer inklusiewe benadering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.712-728. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a14.

Dit word wêreldwyd aanvaar dat moedertaalonderrig die beste resultate lewer. As dit waar is van Afrikaans, Engels, en ons inheemse tale, dan geld dieselfde argument ook vir Kaaps, die moedertaal van etlike miljoene sprekers. Die navorsingsvraag is of Kaaps in die skoolkurrikulum verreken moet word in die skole waar die leerders hoofsaaklik Kaaps as huistaal het, en indien wel, hoe moet dit geskied? Die metodologie behels 'n blik op die geskiedenis en huidige status van Kaaps; of daar ruimte is vir Kaaps binne die doelwitte van die KABV; die invloed van Kaaps op sy sprekers se persepsie van hul identiteit; die spanning tussen Kaaps en Standaardafrikaans te midde van die herstandaardiseringsproses; en tot watter mate Kaaps in Suid-Afrikaanse skole tot sy reg kom. Die studie bevind dat leerders wat met Kaaps grootword, benadeel word. Die studie beveel dus aan dat Afrikaansonderrig op skool 'n meer inklusiewe benadering moet volg, wat aan Kaaps sy regmatige plek in die kurrikulum sal gee.

Palabras clave : Kaaps; variëteite van Afrikaans; Standaardafrikaans; identiteit; bruinmense; kurrikulum; Moesliems; herstandaardisering.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons