SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STEYN, G M. Die praktyk van Wiskunde-onderwysersamewerking soos gefundeer in die leergemeenskapsraamwerk en die uitnodigende onderwysbenadering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.694-711. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a13.

Studies toon dat modelle van samewerkende leer, onderwysers se metodes en leerders se prestasie kan verbeter. Hierdie gevallestudie, wat deel is van 'n groter studie, fokus daarop om Wiskunde-onderwysers se persepsies van hul samewerking in 'n laerskool, en hoe dit verband hou met die leergemeenskapsraamwerk en uitnodigende-onderwys-benadering, te verstaan. Data-insameling vir die kwalitatiewe studie sluit 'n fokusgroeponderhoud met onderwysers in die departement, skriftelike mededelings van onderwysers en individuele onderhoude met die skoolhoof in. Die data-ontleding maak die spesifieke verhoudings wat onderwysers gevorm het as 'n resultaat van hul samewerking, die formele en informele geleenthede vir samewerking tussen onderwysers en ook die impak - persoonlik en professioneel - wat samewerking op onderwysers gehad het, duidelik.

Palabras clave : leergemeenskappe; uitnodigende onderwys; primêre skool; gevallestudie; professionele ontwikkeling; Wiskunde-onderwysers.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons