SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

STEYN, G M. The practice of Mathematics teacher collaboration as grounded in the learning community framework and the invitational education approach. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.694-711. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a13.

^laf^aStudies toon dat modelle van samewerkende leer, onderwysers se metodes en leerders se prestasie kan verbeter. Hierdie gevallestudie, wat deel is van 'n groter studie, fokus daarop om Wiskunde-onderwysers se persepsies van hul samewerking in 'n laerskool, en hoe dit verband hou met die leergemeenskapsraamwerk en uitnodigende-onderwys-benadering, te verstaan. Data-insameling vir die kwalitatiewe studie sluit 'n fokusgroeponderhoud met onderwysers in die departement, skriftelike mededelings van onderwysers en individuele onderhoude met die skoolhoof in. Die data-ontleding maak die spesifieke verhoudings wat onderwysers gevorm het as 'n resultaat van hul samewerking, die formele en informele geleenthede vir samewerking tussen onderwysers en ook die impak - persoonlik en professioneel - wat samewerking op onderwysers gehad het, duidelik.^len

Keywords : learning communities; invitational education; primary school; case study; professional development; Maths teachers.

        · abstract in Afrikaans     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License