SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número4The role of substance abuse in domestic violence: A social work perspectiveThe practice of Mathematics teacher collaboration as grounded in the learning community framework and the invitational education approach índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DAVIDS, Nuraan  y  WAGHID, Yusef. Geweld in post-apartheid skole - waar lê die oplossing?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.681-693. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a12.

Die meerderheid staatskole in Suid-Afrika het voortdurend met geweldige hoë vlakke van geweld te kampe. Die toenemende aantal insidente van fisiese geweld tussen leerders sowel as tussen leerders en onderwysers bring nie net vernedering teweeg nie, maar het ook daartoe gelei dat skole minder funksioneel geword het (Leoschut & Bonora 2007; Mncube & Harber 2013; Zulu, Urbani & Van der Merwe 2004). Die nasionale Departement van Basiese Onderwys (DvBO) het met verskeie beleide, prosedures en strategieë gereageer wat onder andere die volgende insluit: Alternatives to corporal punishment (DvBO 2000) en verskeie veiligheidsprogramme, soos A national school safety framework. Hierdie beleide en strategieë was nie net onvoldoende nie, maar het ook die onvoorspelbaarheid van geweld blootgestel. Gevolglik poog hierdie artikel om, eerstens, die aard en voorkoms van geweld in Suid-Afrikaanse skole te openbaar, en tweedens, aan die tekortkominge van huidige beleide en strategieë rakende die ontwikkeling van veilige skole aandag te skenk. Daarna poog ons om 'n interpretatiewe analise van wyses om oor geweld wat deel van demokratiese burgerskap uitmaak, te beredeneer. Die bedoeling is om die gedagte van burgerskaponderwys in wording wat die onvoorspelbaarheid van geweld in eie potensialiteit die hoof kan bied, te belig. Ons probeer nie om 'n resep vir die hantering van geweld in skole te verskaf nie. So 'n poging sal veronderstel dat ons die aard van geweld verstaan, wat nie moontlik is nie. In stede hiervan verwys ons na Rancière (1991:15) se mening dat leerders gemaan moet word om hulle intelligensie te gebruik, om juis deur die toepassing van spraak gewelddadige optrede die hoof te bied.

Palabras clave : Geweld; post-apartheidskole; burgerskapopvoeding; belewenisse; oproep tot spraak; inraming; skoolgemeenskap van wording; saambehoort; potensialiteit.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons