SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

SLABBERT, Ilze. Die rol van alkohol- en dwelmmisbruik by vrouemishandeling: 'n Maatskaplikewerk-perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.665-680. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a11.

Vrouemishandeling bied 'n groot uitdaging vir maatskaplike werkers. In Suid-Afrika word na berekening elke 6 ure 'n vrou vermoor deur haar lewensmaat, die hoogste voorkomssyfer ter wêreld. Navorsing toon 'n verband tussen vrouemishandeling en alkohol- en dwelmmisbruik. Vanuit die ekologiese perspektief word die sosiale omgewing van 'n persoon as onlosmaaklik deel van haar beskou en dit is dus 'n geskikte teoretiese uitgangspunt vir hierdie studie. 'n Kwalitatiewe studie is gedoen, en etiese klaring is daarvoor verkry. Die doel van die studie was om vroue se ervaring rondom intieme geweld te ondersoek, asook die moontlike rol wat alkohol- en dwelmmisbruik speel in gewelddadige verhoudings. Die studie was beskrywend en verkennend van aard en 20 vroue is daarvoor geïdentifiseer, deur middel van doelbewuste en sneeubal-steekproefneming. Data is ingesamel deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude. Tydens verwerking van die data is vyf temas geïdentifiseer, naamlik alkoholmisbruik deur lewensmaat, dwelmmisbruik deur lewensmaat, alkoholmisbruik deur die deelnemers aan die studie, statutêre intervensie en polisie-intervensie. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat die deelnemers groot uitdagings ervaar het ten opsigte van intieme geweld. Meer as die helfte van die deelnemers het aangedui dat hul lewensmaat alkohol en/of dwelms misbruik het.

Keywords : Intieme geweld; alkohol; - en dwelmmisbruik; vroue; ekologiese benadering; sosiale omgewing; sisteme; maatskaplike werkers; kwalitatiewe navorsing; korrelasie; temas.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License