SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

MOOLLA, A I  e  BISSCHOFF, C A. 'n Vereenvoudigde model om handelsmerklojaliteit van vinnig-bewegende verbruikersgoedere te meet. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.652-664. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a10.

Moolla en Bisschoff het 'n model ontwikkel om handelsmerklojaliteit te meet. Dit is in verskeie ondernemings getoets en betroubaar bevind. Hierdie navorsingstuk is 'n verlengstuk van hierdie navorsing. Die doel was om die model en sy akkuraatheid te verfyn en dit verder te ontwikkel tot 'n empiries werkende model wat handelsmerklojaliteit kan meet. Die oorspronklike model het 'n sterk teoretiese basis gebruik om 26 handelsmerklojaliteitsinvloede te identifiseer wat in die verlede deur verskeie navorsers in hul handelsmerklojaliteitsmodelle gebruik is. Hierdie invloede is verminder tot 12 prominente invloede ten einde die handelsmerklojaliteitsmodel te ontwikkel. Deur faktoranalise as 'n suiweringsmeganisme aan te wend, bewys hierdie navorsingstuk se resultate dat, na drie rondtes van verfyning van die metingskriteria, 'n uitstekende kumulatiewe variansie van 90% behaal is. Daarbenewens kon die oorspronklike 12 handelsmerkinvloede tot nege invloede verminder word. Die oorspronklike 50 metingskriteria is ook in die nuwe empiriese model tot 39 verminder - nog 'n aanduiding van die vereenvoudiging van die oorspronklike model - terwyl die bruikbaarheid in 'n bedryfs- sowel as akademiese omgewing verbeter het. Die resultate is tot 'n groot mate bevestigend van aard - dit bevestig bestaande handelsmerklojaliteitsinvloede. Daar is egter 'n aantal lae bydraende metingskriteria geïdentifiseer en weggelaat uit die model.

Palavras-chave : handelsmerklojaliteit; faktoranalise; handelsmerk; handelsmerkbestuur; vinnig-bewegende verbruikersgoedere.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons