SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

MOOLLA, A I  and  BISSCHOFF, C A. 'n Vereenvoudigde model om handelsmerklojaliteit van vinnig-bewegende verbruikersgoedere te meet. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.652-664. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a10.

Moolla en Bisschoff het 'n model ontwikkel om handelsmerklojaliteit te meet. Dit is in verskeie ondernemings getoets en betroubaar bevind. Hierdie navorsingstuk is 'n verlengstuk van hierdie navorsing. Die doel was om die model en sy akkuraatheid te verfyn en dit verder te ontwikkel tot 'n empiries werkende model wat handelsmerklojaliteit kan meet. Die oorspronklike model het 'n sterk teoretiese basis gebruik om 26 handelsmerklojaliteitsinvloede te identifiseer wat in die verlede deur verskeie navorsers in hul handelsmerklojaliteitsmodelle gebruik is. Hierdie invloede is verminder tot 12 prominente invloede ten einde die handelsmerklojaliteitsmodel te ontwikkel. Deur faktoranalise as 'n suiweringsmeganisme aan te wend, bewys hierdie navorsingstuk se resultate dat, na drie rondtes van verfyning van die metingskriteria, 'n uitstekende kumulatiewe variansie van 90% behaal is. Daarbenewens kon die oorspronklike 12 handelsmerkinvloede tot nege invloede verminder word. Die oorspronklike 50 metingskriteria is ook in die nuwe empiriese model tot 39 verminder - nog 'n aanduiding van die vereenvoudiging van die oorspronklike model - terwyl die bruikbaarheid in 'n bedryfs- sowel as akademiese omgewing verbeter het. Die resultate is tot 'n groot mate bevestigend van aard - dit bevestig bestaande handelsmerklojaliteitsinvloede. Daar is egter 'n aantal lae bydraende metingskriteria geïdentifiseer en weggelaat uit die model.

Keywords : handelsmerklojaliteit; faktoranalise; handelsmerk; handelsmerkbestuur; vinnig-bewegende verbruikersgoedere.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License