SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DE BEER, C S (Fanie). Die invensie/herinvensie van samelewing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.632-651. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a9.

Same-lewing is in 'n pynlike krisis van verval en word na die wese, aard en moontlikheid daarvan ernstig bevraagteken. Tog kan die versugting na 'n beter samelewing en 'n ander soort mensheid ons nie ontwyk nie. Die soeke na 'n gesonde of beter samelewing en die voorwaardes daarvoor is dus uiters aktueel. Die vertrekpunt vir 'n besinning oor hierdie voorwaardes is dat die boustene van same-lewing (gemeenskap) individue is wat kan saam-lewe, dit wil sê, nie individue sonder meer nie (die boustene van samelewing nie), maar individue in 'n bepaalde sin met bepaalde kwaliteite en ingesteldhede: outonoom, singulier en individuerend. Vir die inventiewe handeling van die verwesenliking van same-lewing is die selfstandige individu 'n noodsaaklike voorwaarde. Hierbenewens is die vind van singulariteit, die uniekheid en onvervangbaarheid van die individu eweneens die vind en uitdrukking van sosialiteit en dus van gemeenskap. Hierdie twee kwaliteite kry in individuele lewens beslag deur prosesse van psigies-individuele en kollektiewe individuering wat volwasse-wording en spiritualisering ontsluit en die verlange na herkapasitering met betrekking tot alle menslike vermoëns laat ontwaak. Gevoelvolheid, sorgsaamheid, liefdesingesteldheid, waardegedrewenheid, waarheidsgedrewenheid, sinsbeheptheid, taalsensitiwiteit, wetevolheid, denkvernuf en selfoorskryding, die noodsaaklike voorwaardes vir same-lewingstigting, kom in die proses tot stand. Die ontluiking van hierdie kapasiteite, die herkapasitering as mobilisering van die geesteskragte van volwasse, outonome, singuliere individue, ensoveel as moontlik van hulle, vir alle terreine, is die noodsaaklike voorwaarde en waarborg vir 'n gesonde same-lewing. Hierdie beweging van herkapasitering is die draer van 'n ware alternatief op die gebiede van onderwys, industrie, ekonomie, sosialiteit, kennis, kultuur, politiek, gesondheid, etiek en volwaardige menswees. So word 'n demo-dinamiese same-lewing, gesmee deur die kragte van individue, as 'n alternatief vir 'n bouvallige demokrasie geïnventeer.

Palavras-chave : same-lewing (gemeenskap); samelewing; herkapasitering; singulariteit; outonomie; individuering; demo-dinamiek; sorg; taal; wete; kennis.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons