SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue4Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languagesDevelopment and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

FOURIE, Pieter J. Die media se "beeld" van die samelewing: 'n Semio-logiese perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.570-583. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a5.

Die "beeld" wat die media van 'n samelewing oordra word dikwels blameer vir die foute en mislukkings van 'n samelewing. Die antwoord wat in hierdie artikel gegee word, is dat die "beeld" slegs 'n representasie is. Die kernvraag in hierdie artikel is: Wat is hierdie "beeld" en hoe word dit gekommunikeer? Die media word gesitueer as 'n sentrale struktuur in die postmoderne samelewing. Kenmerke van die postmoderne samelewing wat van belang is vir die aard van hedendaagse media-kommunikasie, asook kenmerke van die postmoderne medialandskap en die rol van inligting- en kommunikasietegnologie daarin, word geskets. Die klem val op aspekte soos 'n nuwe soort publiek, publieke opinie, publieke sfeer, en hoe inligting- en kommunikasietegnologie 'n verskuiwing van massakommunikasie na netwerkkommunikasie bewerkstellig het. Die "beeld" wat die media skep, word as 'n geïdeologiseerde en gestereotipeerde representasie van die werklikheid beskryf. Hierdie representasies bestaan uit gestruktureerde afbeeldings en uitbeeldings van sosiale werklikhede. In terme van netwerkkommunikasie word interaktiwiteit uitgesonder as een van die sentrale kenmerke van netwerkkommunikasie. In die artikel word geargumenteer dat interaktiwiteit verantwoordelik is vir die oorwegende aanhitsende, aktivistiese, herhalende, fragmentariese, ritualistiese en aanmatigende styl van hedendaagse mediarepresentasies. Vanuit 'n semiologiese perspektief word tot die gevolgtrekking gekom dat geïdeologiseerde, gestereotipeerde en interaktiewe mediarepresentasie altyd 'n abstraksie van die werklikheid is. In dié verband word aansluiting gevind by Jean Baudrillard (1983; 1985) se beskouing van die media as 'n simulakrum van die werklikheid. Mediarepresentasies kan dus nooit objektief en "volledig" wees nie. Dít is waarskynlik die rede vir die alomteenwoordige spanning tussen regering, media en die publiek. Niemand is ooit heeltemal tevrede met die "beeld" van iets of iemand wat deur die media gegee word nie. Ten slotte word geargumenteer dat daar nie veel aan die semiologiese (betekenisgewende) aard van mediarepresentasie gedoen kan word nie. Dit sal altyd deur ideologie en lewens-, wêrelden mensbeskouings onderlê word. Wat wel in gedagte gehou moet word, is dat betekenis en die prosesse van betekenisgewing altyd op menslike keuses berus en daardeur bepaal word. 'n Pleidooi word dan gelewer vir 'n groter semiologiese bewussyn en mediageletterdheid onder mediamakers en mediagebruikers. Dit is 'n bewussyn en 'n sin van verantwoordelikheid vir hoe mediabetekenis, en in die proses 'n "beeld", in mediakommunikasie geskep word.

Keywords : geïdeologiseerde representasie; gestereotipeerde representasie; interaktiwiteit; massakommunikasie; mediasemiotiek; mediarepresentasie; netwerkkommunikasie; postmoderne media; postmoderne medialandskap; representasie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License