Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
WESSELS, J S. Denkende staatsamptenare vir 'n beter samelewing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.556-569. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a4.
Hierdie artikel besin oor hoe denke 'n grondvlakstaatsamptenaar in staat kan stel om 'n betekenisvolle bydrae tot 'n beter samelewing te maak. Met behulp van 'n nie-empiriese konseptuele navorsingsontwerp word die begrippe "denke", "grondvlakstaatsamptenaar", "diskresie", "betekenisvolle bydrae" en "beter samelewing" ontleed. Uit die ontleding blyk dit onder meer dat 'n betekenisvolle bydrae deur 'n grondvlakstaatsamptenaar die resultaat is van 'n wilsbesluit waarvan die nalatenskap van 'n beter samelewing moontlik eers in die toekoms sigbaar sal wees. Dit blyk voorts dat 'n grondvlakstaatsamptenaar sonder reflekterende en beoordelende denke oor 'n beter samelewing kwalik 'n betekenisvolle bydrae kan bedink. Hierdie twee nuanses van denke blyk onderliggend te wees aan die kritiese en berekenende denke wat nodig is vir die neem van goeie en sorgsame diskresionêre besluite ter verbetering van die lewensomstandighede van die grootste deel van die samelewing. 'n Kernvraag is egter of grondvlakstaatsamptenare oor die wil beskik om diskresionêre besluite te neem wat die toekoms van vele positief kan beïnvloed.
Palavras-chave : grondvlakstaatsamptenaar; staatsamptenaar; denkend; diskresie; besluitnemende denke; beskouende denke; berekenende denke; versweë denke; eksplisiete denke; instaatstellende begrip; beter samelewing.