SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue4A critical assessment of a few of the literary prizes awarded by The South African Academy for Science and ArtsA preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western Cape author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

WESSELS, J S. Denkende staatsamptenare vir 'n beter samelewing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.556-569. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a4.

Hierdie artikel besin oor hoe denke 'n grondvlakstaatsamptenaar in staat kan stel om 'n betekenisvolle bydrae tot 'n beter samelewing te maak. Met behulp van 'n nie-empiriese konseptuele navorsingsontwerp word die begrippe "denke", "grondvlakstaatsamptenaar", "diskresie", "betekenisvolle bydrae" en "beter samelewing" ontleed. Uit die ontleding blyk dit onder meer dat 'n betekenisvolle bydrae deur 'n grondvlakstaatsamptenaar die resultaat is van 'n wilsbesluit waarvan die nalatenskap van 'n beter samelewing moontlik eers in die toekoms sigbaar sal wees. Dit blyk voorts dat 'n grondvlakstaatsamptenaar sonder reflekterende en beoordelende denke oor 'n beter samelewing kwalik 'n betekenisvolle bydrae kan bedink. Hierdie twee nuanses van denke blyk onderliggend te wees aan die kritiese en berekenende denke wat nodig is vir die neem van goeie en sorgsame diskresionêre besluite ter verbetering van die lewensomstandighede van die grootste deel van die samelewing. 'n Kernvraag is egter of grondvlakstaatsamptenare oor die wil beskik om diskresionêre besluite te neem wat die toekoms van vele positief kan beïnvloed.

Keywords : grondvlakstaatsamptenaar; staatsamptenaar; denkend; diskresie; besluitnemende denke; beskouende denke; berekenende denke; versweë denke; eksplisiete denke; instaatstellende begrip; beter samelewing.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License