Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
VAN MARLE, Karin. Denke as voorwaarde vir 'n gesonde samelewing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.541-555. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a3.
Die oogmerk van my bydrae is om voorlopig enkele waardes of ideale wat myns insiens kan bydra tot 'n gesonde samelewing tesame met die wording van 'n post-1994 regsleer in Suid-Afrika te bedink. Ek fokus op drie ideale, oftewel waardes, naamlik transformasie, gelykheid en interafhanklikheid. Elkeen van hierdie begrippe kan op vele maniere geïnterpreteer word en hou dus 'n veelvoud van moontlike betekenisse in. Ek gaan poog om getrou te wees aan die onbepaalbaarheid van hierdie begrippe en die onmoontlikheid om enigeen vas te vang in 'n reïfikasie van betekenis tot uitsluiting van ander. Tydelike en voorlopige betekenisse word wel oorweeg. My uitgangspunt vir die besinning van hierdie begrippe kom van gebeure en stories wat afgespeel het in die stad Pretoria/Tshwane in die jare 2010-2012, rondom die uitsettings van 700 families uit 'n woonstelgeboukompleks genaamd Schubartpark. Ek besin oor die gebeure tydens die afloop van die uitsettings. Die hoofinspirasie om 'n gesonde samelewing te bedink teen die agtergrond van Schubartpark is 'n fotoreeks van fotograaf Herman Verwey, genaamd "Post-apokaliptiese Schubartpark". Ek fokus slegs op enkele van die foto's uit die reeks ten einde my siening aangaande transformasie, gelykheid en interafhanklikheid te bedink. In navolging van Hannah Arendt is denke, die vermoë om in elke situasie te dink wat die beste moontlike reaksie sou kon wees, die enigste voorwaarde wat ek wil onderskryf. "Ultimately photography is subversive not when it frightens, when it repels, or even stigmates, but when it is pensive, when it thinks." (Roland Barthes soos aangehaal deur Thomas (2010:432))
Palavras-chave : denke; Arendt; transformasie; gelykheid; interafhanklikheid; algemene regsleer.