SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue3Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

SPIES, Japie  and  HEYSTEK, Jan. Skoolhoofde se onderwyspraktyke binne die veld van plattelandse dorpe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.3, pp.437-451. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N3A8.

Hierdie artikel fokus op die inwerking van die veld van plattelandse dorpe op skoolhoofde se onderwyspraktyke. Die fokus is op aspekte van skoolhoofde se onderwyspraktyke in 'n spesifieke landelike dorpkonteks. Die navorsingsmateriaal vir die artikel is afkomstig uit 'n omvattende navorsingsprojek oor die skoolhoofde van plattelandse skole op 'n dorp met die skuilnaam Cogmans in die Wes-Kaap. Gefokusde semi-gestruktureerde een-tot-een onderhoude is gebruik om inligting te versamel deur na skoolhoofde se eie stories te luister oor hul eie leefwêreld, ten einde dit moontlik te maak om die storie van elkeen se sosiale leefwêreld te kan konstrueer. Op hierdie wyse is "professionele" verhale oor skoolhoof-wees op 'n plattelandse dorp verbind aan die kritiese ontleding van die skoolhoofde se onderwyspraktyke. Die artikel is geskoei op die toepassing van die teorie van Pierre Bourdieu. Bourdieu se konsepte van veld, kapitaal, praktyke en habitus word aangewend as teoretiese lense om die ontledende fokus van hierdie artikel uit te lig, naamlik die onderwyspraktyke van skoolhoofde binne die veld van plattelandse dorpe. Die belangrikste argument wat ons in hierdie artikel aanbied, is dat die veld van skoolhoofde op die platteland inwerk op die skoolpraktyke van die betrokke skoolhoofde. Elk van die skoolhoofde se praktyke reageer op 'n unieke wyse op die eiesoortigheid van hulle plaaslike en selfs nasionale veld.

Keywords : skole; skoolhoofde; Pierre Bourdieu; onderwyspraktyke; plattelandse dorp; managerialisme; prestasieteikens; veldgedrewe handelinge; praktykgedrewe handelinge.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License