SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número3Drama chronicle 2008-9Afrikaans speech norms and prescriptive Afrikaans norms: is there enough scope for grammatical diversity in standard Afrikaans? índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STRAUSS, Danie. Die nuwe bedreiging van samelewingsvryhede: 'n Terugkeer tot Christen-vervolging?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.3, pp.422-436. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N3A7.

Ten spyte van die ruimte wat deur verskillende Aktes van Menseregte vir persoonlike (en kollektiewe) vryhede geskep is, insluitende persoonlike akademiese vryheid en geloofsvryheid, het daar gedurende die afgelope paar dekades ontwikkelinge ingetree wat sterk aan totalitêre tendense herinner wat ook tydens die vroeë geskiedenis van die Christendom na vore getree het. Hierdie verwikkelinge is besig om opnuut die sinvolle onderskeiding tussen strukturele pluralisme en 'n pluralisme van oortuigings te ondergrawe. Die wyse waarop die openbare skole in die VSA immers tans, op die basis van die positivistiese postulaat van "objektief-neutrale" wetenskap, die Darwinistiese Ortodoksie in biologie-onderrig tot 'n dogma proklameer wat bo enige kritiek verhewe is, getuig inderdaad van 'n sonderlinge terugkeer tot die lank-agterhaalde vroeg-Middeleeuse era van Christen-vervolging, beliggaam in 'n vorm van wetenskaplike fascisme waarin akademiese vryheid, vryheid van spraak, vrye openbare meningsuiting en persoonlike geloofsvryheid op die altaar geplaas word. Na 'n vlugtige verwysing na die situasie in Nederland sluit die artikel af met vermelding van positiewe elemente in die nuwe Suid-Afrika van vandag. Tog belig 'n onlangse ervaring van die outeur van hierdie artikel die deurskemering van iets wat 'n kommerwekkende ooreenkoms toon met dit wat tans in Amerika in swang is (sien die Aanhangsel).

Palabras clave : Gedifferensieerde samelewing; samelewingsvryhede; strukturele differensiasie; rigting-differensiasie; strukturele pluralisme; rigting-pluralisme; outonomie; persoonlike vryheid; akademiese vryheid; vryheid van spraak; kompetensiesfeer; regsgelykheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons