SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número3Afrikaner and Zulu perspectives on the Battle of Blood River, 16 December 1838Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

THERON, Edwin  y  VAN TONDER, Steven. Kerktoewyding deur die jonger generasies: hou verhoudingsbemarking die sleutel?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.3, pp.405-421. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N3A6.

Tradisioneel fokus nie-winssoekende organisasies op die ouer generasies wanneer fondswerwing en ondersteuning verlang word, eerder as jonger generasies (soos Generasie Y). Hierdie benadering blyk egter kortsigtig te wees, aangesien Generasie Y-verbruikers daarvoor bekend is dat hulle graag by aktiwiteite wat 'n sosiale doel nastreef, betrokke raak. Kerke (as spesiale verskyningsvorm van nie-winssoekende organisasies) is geen uitsondering op hierdie reël nie. Hierdie studie fokus gevolglik op die bestuur van kerktoewyding onder Generasie Y-verbruikers. 'n Aantal aanduiders van kerktoewyding is geïdentifiseer vanuit die verhoudingsbemarking-literatuur. Data is aan die hand van 'n web-gebaseerde opname ingesamel onder 912 studente van die Universiteit van Stellenbosch, terwyl die statistiese ontledings gedoen is aan die hand van meervoudige regressie-ontledings. Die resultate van die studie toon dat Generasie Y-verbruikers hul besluit tot kerktoewyding aan oorwegend drie faktore toeskryf: afhanklikheid, klein-groep ondersteuning en opvolg. Die studie bevind voorts dat Generasie Y-verbruikers ten opsigte van kerktoewyding groter gemeenskaplikheid ervaar, en dat lidmate van tradisionele en nie-tradisionele kerke groter ooreenstemming ervaar as wat voorheen aanvaar is. Dit is veral insiggewend dat geslag 'n beduidende invloed op Generasie Y-verbruikers se besluit tot kerktoewyding het.

Palabras clave : Generasie Y; nie-winssoekende organisasies; bemarking; verhoudingsbemarking; kerke; tradisionele teenoor nie-tradisionele kerke; afnemende kerkbywoning; kerktoewyding; aanduiders van kerktoewyding.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons