SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue3Afrikaner and Zulu perspectives on the Battle of Blood River, 16 December 1838Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

THERON, Edwin  and  VAN TONDER, Steven. Kerktoewyding deur die jonger generasies: hou verhoudingsbemarking die sleutel?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.3, pp.405-421. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N3A6.

Tradisioneel fokus nie-winssoekende organisasies op die ouer generasies wanneer fondswerwing en ondersteuning verlang word, eerder as jonger generasies (soos Generasie Y). Hierdie benadering blyk egter kortsigtig te wees, aangesien Generasie Y-verbruikers daarvoor bekend is dat hulle graag by aktiwiteite wat 'n sosiale doel nastreef, betrokke raak. Kerke (as spesiale verskyningsvorm van nie-winssoekende organisasies) is geen uitsondering op hierdie reël nie. Hierdie studie fokus gevolglik op die bestuur van kerktoewyding onder Generasie Y-verbruikers. 'n Aantal aanduiders van kerktoewyding is geïdentifiseer vanuit die verhoudingsbemarking-literatuur. Data is aan die hand van 'n web-gebaseerde opname ingesamel onder 912 studente van die Universiteit van Stellenbosch, terwyl die statistiese ontledings gedoen is aan die hand van meervoudige regressie-ontledings. Die resultate van die studie toon dat Generasie Y-verbruikers hul besluit tot kerktoewyding aan oorwegend drie faktore toeskryf: afhanklikheid, klein-groep ondersteuning en opvolg. Die studie bevind voorts dat Generasie Y-verbruikers ten opsigte van kerktoewyding groter gemeenskaplikheid ervaar, en dat lidmate van tradisionele en nie-tradisionele kerke groter ooreenstemming ervaar as wat voorheen aanvaar is. Dit is veral insiggewend dat geslag 'n beduidende invloed op Generasie Y-verbruikers se besluit tot kerktoewyding het.

Keywords : Generasie Y; nie-winssoekende organisasies; bemarking; verhoudingsbemarking; kerke; tradisionele teenoor nie-tradisionele kerke; afnemende kerkbywoning; kerktoewyding; aanduiders van kerktoewyding.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License