SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue3Creating a standardised version of Afrikaans - the first 50 yearsMonolingualism, integration and assortative mixing in social networks: A literature review author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

GOUWS, Rufus H.. Wie is die teikengebruikers van eentalige aanleerderwoordeboeke?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.3, pp.343-355. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N3A2.

Eentalige aanleerderwoordeboeke is gerig op gebruikers wat 'n vreemde taal aanleer. Die fokus is op hulle behoeftes met betrekking tot die vreemde taal. Die moedertaal van 'n uiteenlopende groep gebruikers word egter nie in aanmerking geneem nie. Hierdie artikel wys daarop dat eentalige aanleerderwoordeboeke aangepas moet word, sodat die verskillende moedertale van verskillende gebruikers 'n invloed op die keuse van aanduiders en die aard van die leksikografiese bewerking sal hê. Daar word daarop gewys dat 'n generiese eentalige aanleerderwoordeboek nie moedertaalsprekers van verskillende tale bevredigend kan help met betrekking tot byvoorbeeld vals vriende, kultuurgebonde leksikale items en met die impak van taalbeïnvloeding en taalversteuring nie. Voorstelle word gemaak vir 'n model waarvolgens sowel gedrukte as aanlyn eentalige aanleerderwoordeboeke 'n sterker gebruikersgerigtheid kan toon. Vir aanlyn woordeboeke word voorgestel dat een databasis geskep moet word waaraan verskillende variante artikels onttrek kan word.

Keywords : aanleerderwoordeboek; aanlyn woordeboek; artikelstruktuur; dataverspreiding; eentalige aanleerderwoordeboek; gebruikersbehoeftes; kultuurgebonde leksikale items; laaistruktuur; taalbeïnvloeding; uitgebreide verpligte mikrostruktuur; vals vriende.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License