SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue3The afrikaner's experience of transformation and nation building in post apartheid South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN RENSBURG, Christo. Oor die eerste 50 jaar se maak aan Standaardafrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.3, pp.319-342. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N3A1.

Steyn (2014) bespreek in sy publikasie Ons gaan 'n taal maak, die GRA se verskrifteliking van Afrikaans in 1875. Hierdie skryfvorm het daarna verander - 'n proses wat die stimulus verskaf vir hierdie artikel, wat voortbou op Steyn se gegewens oor hoe Afrikaans gemaak is. 'n Groot aantal mense was van die GRA-periode af by die maak van Afrikaans betrokke, almal taalmakers. Steyn toon aan wat baie van hulle gedoen het, hoekom sekere besluite geneem is, en wys op die verwagtings wat hulle vir Afrikaans gekoester het. Hy beklemtoon die mensewerk wat nodig was om Standaardafrikaans te maak in noukeurige besonderhede, en bring daarmee 'n dokument van besondere waarde tot stand. Daar was sprekers van Afrikaans wat hulle nie kon vereenselwig het met die ingeboude beperkings van GRA-Afrikaans nie. Dié boeredialek waarop GRA-Afrikaans gebaseer is, en volgens 'n "skryf-soos-ons-praat-uitgangspunt" geskryf is, is gekritiseer oor die gebrek aan sofistikasie wat daarmee gepaardgegaan het, en oor die Khoi-Afrikaans wat nóú daarmee verweef is. Taalmakers wat op 'n kortpadmanier vir Afrikaans kultuurfunksies wou skep, wou hulle nie verlaat het op 'n skryftaal, wat eers na verloop van 'n lang tyd moontlik 'n kultuurtaal kon word nie. Dit het in die eerste dekades van die twintigste eeu gelei tot die maak van 'n Afrikaans wat meer kultuurfunksies binne die bereik van sprekers geplaas het, wat daartoe toegang gehad het. Die nouer aansluiting by Nederlands het 'n korpusuitbreiding vir Afrikaans meegebring, sy funksieontwikkeling gestimuleer, en die verkryging van sy ampstaalstatus vergemaklik. Die nuwe verbintenisse tussen Afrikaans en Nederlands is gepropageer deur makers van nuwe taalgeskiedenisse, wat meegebring het dat verbintenisse met Afrikaans se dialekbasis verontagsaam is. Politici het ook nie die kans laat verbygaan om hulle ideologieë deur hierdie Afrikaans te versprei nie. Met sy standaardisering is Afrikaans in 'n hoë mate vernederlands, maar dit het nie Nederlands geword nie. Daar het baie van sy wortels steeds behoue gebly.

Keywords : Afrikaans as ampstaal; Afrikaans se geskiedenis; Afrikaans se skryftaaltradisies; Afrikaans se variëteite; diglossie; Khoi-Afrikaans; ontkenning met nie-2; Standaardafrikaans; vernederlandsing van Afrikaans.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License