SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue2A principal's perspective on professional development: a single case study author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

STRAUSS, Danie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.2, pp.304-318. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N2A10.

Hierdie artikel verg enersyds begripsonderskeidinge en andersyds 'n oorsigtelike beeld van ongedifferensieerde en gedifferensieerde samelewings. Waar ding-begrippe in die Grieks-Middeleeuse intellektuele erfenis prominent was (die vraag na die konkrete wat-heid van die dinge), sou die moderne ontwikkelinge sedert die Renaissance al meer klem op funksie-begrippe plaas (die vraag na die hoedanigheid van dinge). In die lig van hierdie onderskeiding blyk dit dat die term differensiasie 'n biotiese funksiebegrip is wat ten nouste verband hou met die multifunksionele aard van lewende dinge - wat tewens 'n eenheid in die menigvuldigheid organiese aktiwiteite daarvan vertoon (getalsfunksie), en wat 'n samehangende (organiese) geheel met integrale dele vorm wat in voortdurende wisselwerking met mekaar staan (die ruimtelike, kinematiese en fisiese funksies). Biotiese groei omvat beide die vertakking (differensiasie) van lewensfunksies en die saambind (integrasie) daarvan. Besinning oor die aard van die menslike samelewing stuit onvermydelik op die analogiese gebruik van hierdie biotiese terme (differensiasie en integrasie). Dit gebeur spesifiek wanneer van ongedifferensieerde en gedifferensieerde samelewings gepraat word. Waar die individuele mens grootliks in ongedifferensieerde samelewings opgaan (as deel van 'n groter geheel), bied die langsame kultuur-historiese proses van samelewingsdifferensiasie eventueel ruimte vir die uitkristallisering van die staat as regsverband naas en in onderskeiding van 'n menigvuldigheid nie-staatlike samelewingsvorme - en tegelyk tree daar 'n persoonlike vryheidsfeer na vore waarin die persoonlike ruimte van individue onderken word afgesien van enige lewensvorm-verbintenis waarin die mens as deel van 'n groter geheel mag optree. Dit lei tot die gevolgtrekking dat differensiasie inderdaad die basis van ons publieke vryhede, persoonlike vryhede en samelewingsvryhede vorm. Die terme wat in die titel van hierdie artikel vervat is, is ongewyfeld bekend uit ons alledaagse spraakgebruik. Sodra daar egter nader rekenskap gegee wil word van bepaalde konnotasies waarin dit ook in 'n filosofiese besinning gebruik kan word, blyk dit spoedig dat dit nie so 'n eenvoudige taakstelling is nie.

Keywords : Ding-begrippe; funksiebegrippe; groei; differensiasie; integrasie; biotiese analogieë; modale beginsels; tipiese beginsels; ongedifferensieerde samelewings; kwalifisering en fundering; polis; ius gentium; volks-soewereiniteit; magsgrense; regstaat; nie-staatlike samelewingsvorme; samelewingsvryhede; eie-geaarde beginsels.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License