SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número2The South African Navy's so-called controversial new frigates: Their first decade of service, 2004-2014Differensiasie: Die basis van samelewingsvryhede índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

LE ROUX, Marieanna; SWARTZ, Leslie  y  SWART, Estelle. Die effek van 'n troeteldier-ondersteunde leesprogram op woordherkenningsvaardighede van graad 3-kinders. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.2, pp.289-303. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N2A9.

Die doel van die huidige studie was om die effek van 'n troeteldier-ondersteunde leesprogram (TOL) op die woordherkenningsvaardighede van graad 3-kinders te bepaal. Al die kinders wat met behulp van die ESSI Leestoets as nievaardige lesers (N=102) geïdentifiseer is, is ewekansig toegewys aan drie eksperimentele groepe en een kontrolegroep. Een maal per week vir 10 weke lank het die Leeshondgroep (n=27) vir 'n leeshond in die teenwoordigheid van 'n Pets as Therapy-vrywilliger gelees, die Volwassenegroep (n=24) het slegs vir 'n volwassene gelees terwyl die Teddiebeergroep (n=26) vir 'n teddiebeer in die teenwoordigheid van 'n volwassene gelees het. Die Kontrolegroep (n=25) het voortgegaan met hul normale skoolaktiwiteite. Die kinders in die drie eksperimentele groepe het individueel vir ongeveer 20 minute gelees uit graad 1-, 2- en 3-vlak boekies. Data-insameling het plaasgevind voor die aanvang van die leesprogram (Tyd 1), direk ná voltooiing van die leesprogram (Tyd 2) en met 'n opvolgmeting agt weke later (Tyd 3). Die resultate het getoon dat die kinders in die Leeshondgroep op 'n beduidend hoër graadvlak gelees het tydens Tyd 2 en Tyd 3 as die ander drie groepe.

Palabras clave : troeteldier-ondersteunde leesprogram; troeteldier-ondersteunde terapie [aktiwiteite]; graad 3-kinders; leesgeletterdheid; leeshonde; woordherkenning.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons