SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue2The causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature reviewA principal's perspective on professional development: a single case study author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

WESSELS, André. Die Suid-Afrikaanse Vloot se sogenaamde omstrede nuwe fregatte: Hulle eerste dekade van diens, 2004-2014. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.2, pp.270-288. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N2A8.

Nie baie Suid-Afrikaners waardeer die feit dat Suid-Afrika 'n seemoondheid is nie. Gevolglik is vlootgeskiedenis 'n verwaarloosde onderwerp. Toe die Suid-Afrikaanse regering in 1998 aangekondig het dat - as deel van 'n omvattende wapenpakket - onder meer vier nuwe fregatte vir die Suid-Afrikaanse (SA) Vloot aangekoop gaan word, was daar diegene wat die sinvolheid daarvan bevraagteken het. In hierdie artikel word die rol wat die vier Valour-klas-fregatte in die eerste dekade van hul bestaansgeskiedenis (2004-2014) gespeel het, onder die loep geneem en ontleed. Vrae wat aan die orde gestel word, sluit in: Was die besluit om Duitse Meko A-200-fregatte aan te koop geregverdig en die regte keuse? Was die aankoop van die fregatte dus werklik 'n omstrede besluit? Watter funksies het die skepe die afgelope tien jaar in diens van die SA Vloot vervul? Die rol wat die vier Valour-klas-fregatte tydens vlootoefeninge in Suid-Afrikaanse waters met skepe van ander lande gespeel het, word bespreek, soos ook die besoeke van die SA Vlootfregatte aan Suid-Afrikaanse hawens (as deel van die Vloot se plaaslike openbare skakel- en uitreikaksies). Heelwat aandag word aan die fregatte se rol as grys diplomate gewy; met ander woorde, wanneer hulle op buitelandse vlagvertoonvaarte die land oorsee verteenwoordig ten einde bestaande diplomatieke betrekkinge uit te bou of nuwe bande te help smee - en tegelyk ook aan skeepsmaneuvers oorsee deel te neem. Hulle rol tydens teen-seerowerpatrollies in die Mosambiek-kanaal en in soek-en-reddingsaksies word ook belig. Die artikel dui ten slotte aan dat, alles in ag genome, die SA Vloot se nuwe fregatte (en dus ook hul bemannings) hulle in die jare 2004-2014 besonder goed van hul taak gekwyt het en dat die Vloot dit nie kan bekostig om nie oor fregatte te beskik nie.

Keywords : Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag; Suid-Afrikaanse Vloot; oorlogskepe; fregatte; geskiedenis; wapentransaksie; vlootdiplomasie; grys diplomate; transformasie; post-1994 Suid-Afrika.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License