Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
BREED, Adri and VAN HUYSSTEEN, Gerhard. Aan die en besig in Afrikaanse progressiwiteits-konstruksies: 'n korpusondersoek (2). Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.2, pp.251-269. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N2A7.
In 'n tweetal artikels (hierdie artikel en Breed & Van Huyssteen 2014) stel ons ondersoek in na die wyse waarop twee perifrastiese konstruksies, te wete die VKOP besig om te V- en die VKOP aan die V-konstruksies, gebruik word om progressiewe betekenis in Afrikaans uit te druk. Die bespreking word gebaseer op 'n korpusondersoek waarin drie Afrikaanse perifrastiese progressiewe konstruksies (d.i. die twee genoemde konstruksies, sowel as die VPOS en V-konstruksie; sien Breed 2012 en Breed & Brisard 2015) met mekaar vergelyk is. Drie ewekniekonstruksies word in Nederlands gevind, en daarom word die konstruksies ook, waar ter sake, met die Nederlandse konstruksies vergelyk. In Breed (2012) word die grammatikaliseringsproses verduidelik, en daar word aangetoon dat die aan die-/aan het-konstruksies lokatiewe oorsprong het, terwyl die oorsprong van die besig-/bezig-konstruksies leksikaal gemotiveerd is. In hierdie artikel word die frekwensie van die twee konstruksies ondersoek en daar word bewys dat daar aansienlike verskille tussen die verspreiding van die Afrikaanse en Nederlandse konstruksies is. Die werkwoorde waarmee elk van die konstruksies prototipies kombineer, word bestudeer en daar word bevind dat die Afrikaanse besig-konstruksie met 'n groot aantal werkwoordtipes kan kombineer, terwyl die aan die-progressiefkonstruksie meer gespesialiseerd is.
Keywords : aspek; imperfektief; progressief; perifrastiese konstruksie; grammatikali-sering; Afrikaans; Nederlands.