SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número2"The poem is play" - aspects of play in a number of T.T. Cloete's poems"Die huid huil luid in stilhuil" [The epidermis cries loudly in still crying] - tracking (sound) repetition in T.T. Cloete's poetry índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

TALJARD, Marlies. "Wat is die mens wat U so ryk beskenk het?" Die uitbeelding van die geveg tussen Karnaval en Lent by Bruegel en T.T. Cloete. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.2, pp.205-219. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N2A4.

In hierdie artikel word 'n vergelyking getref tussen die skildery Die geveg tussen Karnaval en Lent van Pieter Bruegel de Oude en T.T. Cloete se bundel Karnaval en Lent is een gedig. Die vergelykende ontleding word gedoen met aandag aan die uitbeelding van die tydgenootlike mens in sy toestand van swakheid en verval, aan die ooreenkomste en verskille ten opsigte van die gebruik van simboliek en aan vraatsug as simptoom van 'n ongebalanseerde, skeefgetrekte samelewing. Daar word geredeneer dat, hoewel beide kunstenaars sterk op kategoriese opposisies fokus, die tema van beide werke eintlik die ambivalensie is wat die menslike kondisie kenmerk. Die kunswerke dien as spieël vir die mens sodat hy sy eie dwaasheid kan erken en dié insig hom tot selfkennis kan lei.

Palavras-chave : Cloete; T.T; Geveg tussen Karnaval en Lent; Pieter Bruegel de Oude; menslike dwaasheid; godsdienskritiek; kritiek teen samelewing; vraatsug; simboliek in poësie; simboliek in middeleeuse skilderkuns.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons