SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue1The perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BOSMAN, Nerina. EET en DRINK in Afrikaans - 'n leksikaal-semantiese ondersoek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.1, pp.123-146. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N1A9.

Die artikel is 'n kognitief semantiese, korpusgebaseerde leksikale ondersoek na die konsepte EET en DRINK in Afrikaans en vorm een onderdeel van 'n groter navorsingsprojek. Die artikel sluit aan by die studie van Taljard en Bosman (2014) wat interkulturele variasie tussen Noord-Sotho en Afrikaanse EET-metafore ondersoek en brei hierop uit deur ook DRINK-metafore te betrek. Die groter polisemiese struktuur van werkwoorde in die eet- en drinkwoordvelde is vervolgens ook by die ontleding betrek. As teoretiese raamwerk is die konseptuele metafoorteorie gebruik. Metafore is geïdentifiseer deur twee groot korpusse, naamlik die Universiteit van Pretoria Afrikaanse Korpus en die Taalkommissiekorpus met soekwoorde wat verband hou met die konsepte EET en DRINK te deursoek. Die motiverende rol wat die volksverstaan van die eet- en drink-prosesse speel in die tussendomeinkarterings is ondersoek en daar is aangetoon dat ons beliggaamde ervaring van die twee prosesse die groot dryfkrag is agter die totstandkoming van die metafore. Vir die bestudering van die interne polisemiese netwerke is daar gesteun op artikels in die WAT. Een afleiding wat gemaak word, is dat figuurlike betekenisuitbreidings, wat op grond van konseptuele metafore met die letterlike, meer basiese betekenisse skakel, volledig geleksikaliseer is in Afrikaans. In die slotparagraaf word aspekte soos die ouderdom en moontlike universele aard van die metafore aangeraak.

Keywords : eet; drink; Afrikaans; kognitiewe semantiek; konseptuele metafoorteorie; korpusgebaseerde ondersoek; metafore; beliggaamde ervaring; universele metafore; kultuurspesifieke metafore; volksverstaan; polisemiese struktuur.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License