SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue1Student teachers' interpretation and use of learning theory conceptsThe perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN JAARSVELD, MC; MENTZ, PJ  and  CHALLENS, B. Mentorskap vir beginnerskoolhoofde. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.1, pp.92-110. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N1A7.

Beginnerskoolhoofde in Suid-Afrika en in die buiteland vind dit al hoe moeiliker om aan die eise van hul werk te voldoen, hoofsaaklik vanweë ongenoegsame voorbereiding en ondersteuning. As beginners word hulle emosionele, sosiale en intellektuele intelligensie op die proef gestel. Daar word aangeneem dat tersiêre kwalifikasie- en opleidingsprogramme voldoende is om persone pasklaar as 'n skoolhoof af te lewer. Om die rede word daar van hulle verwag dat hulle in staat moet wees om die daaglikse nuwe eise en uitdagings te bowe te kom. Hierdie artikel konsentreer op mentorskap as ondersteuning vir beginnerskoolhoofde. 'n Kwalitatiewe navorsingsbenadering is gevolg. Deur doelgerigte steekproefneming is sewe skoolhoofde uit verskillende kulturele agtergronde as deelnemers geïdentifiseer. Die diskoersanalise wat daarna gevolg het, het aangedui dat beginnerskoolhoofde voel dat hulle bestuursvaardighede tekortskiet. Hulle het dit veral moeilik gevind om regskwessies, menseverhoudings, kommunikasie en departementele instruksies te bestuur. Ook het hulle laat blyk dat daar 'n gebrek aan gestruktureerde ondersteuning was, veral deurlopende ondersteuning.

Keywords : Beginnerskoolhoofde; emosionele; sosiale en intellektuele intelligensie; ondersteuning; kennisoordragteorie; mentorskap; mentorskapprogram; opleiding; psigo-sosiale teorie; sosialekapitaalteorie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License