SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número1Sustainability reporting in the mining sector: identifying critical issuesThe interactive approach to reading instruction: an alternative to traditional ways of teaching reading índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

MARAIS, Elma; NEL, Carisma  y  DU TOIT, Christine. Riglyne vir die ontwikkeling van 'n professionele-ontwikkelingsprogram ooreenkomstig 'n werkswinkel-, ondersteunings- en mentorskapsmodel (WOM-model). Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.1, pp.75-91. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N1A6.

Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel beleef vir die soveelste keer 'n proses van verandering. 'n Belangrike aspek van enige verandering in die onderwysstelsel is die professionele ontwikkeling van die onderwysers wat in die praktyk staan. Volgens die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys is die implementering van professioneleontwikkelingsprogramme van groot waarde omdat dit die skoolstelsel transformeer en vernuwe. Volgens die Departement van Basiese Onderwys moet onderwysers en skoolhoofde die belangrikheid van professioneleontwikkelings-programme insien omdat dit waarde tot die opleiding en ontwikkeling van onderwysers kan toevoeg. Wanneer 'n professioneleontwikkelingsprogram ontwikkel word, is dit belangrik dat daar met groot sorg besluite geneem word, veral in terme van wie die professioneleontwikkelingspro-gram moet aanbied en bywoon, wat as deel van die professioneleontwikkelingsprogram ingesluit moet word en hoe die spesifieke program aangebied moet word. Buiten hierdie hoofaspekte is daar ook ander aangeleenthede wat in ag geneem moet word vir die praktiese beplanning en aanbieding van enige professioneleontwikkelingsprogram. Die doel van hierdie artikel is om riglyne te verskaf vir die beplanning en aanbieding van 'n professioneleontwikkelingsprogram ooreenkomstig die WOM-model.

Palabras clave : Professioneleontwikkeling; professioneleontwikkelingsprogram; beplanning; model; werkswinkel; ondersteuning; mentorskap; beleid; infrastruktuur.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons