SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número1Dollarisation as economic solution for the Zimbabwean demiseStudent teachers' interpretation and use of learning theory concepts índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

SERFONTEIN, Erika Mariane. Onderwys, die weg na lewenskwaliteit - die optimale realisering van die reg op lewe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.1, pp.62-74. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N1A5.

Die gekompliseerdheid van die reg op lewe word teen die agtergrond van die doelwitte van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, naamlik om die lewenskwaliteit van alle lands-burgers te verbeter en om elkeen se potensiaal te bevry, ondersoek. Die doel is om hierdie deurslaggewende reg konseptueel duidelik te verwoord en dit as inklusief van die reg tot dit wat nodig is vir die sekerheidstelling of voorsiening van 'n lewe wat die moeite werd is om te leef, te beskryf. 'n Analise van regspraak dui daarop dat, wanneer howe met die reg op lewe handel, hulle bykans altyd klem plaas op die reg om met waardigheid te sterf of nie te sterf nie. Dit word gedoen binne die bestek van omstandighede wat onder andere aborsie, genadedood, die doodstraf, die neem van 'n lewe in selfverdediging en toegang tot gesondheidsorg insluit. Hierdie artikel neem egter 'n ander standpunt ten opsigte van die reg op lewe in deur te argumenteer dat die realiteit in sy diversiteit omsluit word in die reg op lewe as die heelheid van 'n individu en die breë gemeenskap sowel as die kern van menslike bestaan. Die belangrikheid van die ontvangs van 'n kwaliteit onderwys ter optimale realisering van hierdie reg word dienooreenkomstig bevind as synde essensieel.

Palabras clave : die reg op lewe; reg op basiese onderwys; lewenskwaliteit; kwaliteit; menswaardigheid; bemagtiging; selfaktualisering; selfgeldendheid; self-respek; onderwys; verantwoordelikheid; ubuntu; basiese lewensbehoeftes; welvaart.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons