SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

MINNAAR, Douline; MYBURGH, Chris  e  POGGENPOEL, Marie. Die belewenisse van ouers wie se kinders emigreer het. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.853-867. ISSN 2224-7912.

Tussen 2000 en 2005 was daar wêreldwyd 'n merkbare styging in die getal emigrante vanaf 176 na 193 miljoen. Statistiek in verband met emigrasie-syfers is in die meeste lande, soos dit dan ook in Suid-Afrika die geval is, gewoonlik onderverteenwoordigend van die werklike stand van sake. Tydens emigrasie word familie en vriende agtergelaat en die impak op die geestesgesondheid van die agtergeblewene ouers hier te lande is nog nie genoegsaam ondersoek nie. Ten einde hierdie leemte te vul, is 'n kwalitatiewe, verkennende, kontekstuele en beskrywende navorsingsontwerp toegepas en 'n fenomenologiese benadering gevolg met betrekking tot die insameling en analise van data tydens individuele onderhoude met 16 doelgerig gekose ouers. Daar is bevind dat ouers gevoelens van ontnugtering, onuitgeklaarde verlies, magteloosheid en 'n pynlike wisseling in affektiewe respons beleef en dat hulle hanteringsmeganismes om hierdie onuitgeklaarde verlies te hanteer, wissel in doeltreffendheid.

Palavras-chave : psigo-opvoedkundig; ouers; emigrasie; kinders; radio-medium; onuit geklaarde verlies; affektiewe respons; verdedigingsmeganismes.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons