SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN DER WALT, Johannes L  e  STEYN, Hendrik Johannes. Die erkenning van minderheidsgroepe, hulle ideale en hulle onderwysstrewes: Is daar 'n ander manier?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.820-834. ISSN 2224-7912.

'n Oorsig oor die stand van sake met betrekking tot die onderwysideale en -voorsiening van minderheidsgroepe lei tot die gevolgtrekking dat daar 'n onvermydelike spanning bestaan tussen die ideale en sieninge van minderheidsgroepe en dié van die meerderheidsgroep in die samelewing, en dus dat die verantwoordelikheid op 'n minderheidsgroep lê om 'n weg uit die impasse te vind. Drie sulke weë word ondersoek, naamlik fundamentisme, postfundamentisme en post-postfundamentisme. Omdat die eersgenoemde te imperialisties, rasionalisties en deterministies, en die tweede te relativisties bevind is, word aandag aan die derde bestee. Hierdie oriëntering word gekenmerk deur sy strewe om tussen die uiterstes van die eerste twee benaderings deur te stuur, en verder ook deur sy gesonde verstand-benadering. Weens die epistemologiese ewewigtigheid daarvan kan die post-postfundamentistiese benadering vir minderheidsgroep-strategiese beplanners 'n waardevolle oriënteringspunt wees.

Palavras-chave : fundamentisme; postfundamentisme; postmodernisme; post-postfundamentisme; minderheidsgroepe; opvoeding; onderwys; regte; waardes; strategie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons