SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER WALT, Johannes L  y  STEYN, Hendrik Johannes. Die erkenning van minderheidsgroepe, hulle ideale en hulle onderwysstrewes: Is daar 'n ander manier?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.820-834. ISSN 2224-7912.

'n Oorsig oor die stand van sake met betrekking tot die onderwysideale en -voorsiening van minderheidsgroepe lei tot die gevolgtrekking dat daar 'n onvermydelike spanning bestaan tussen die ideale en sieninge van minderheidsgroepe en dié van die meerderheidsgroep in die samelewing, en dus dat die verantwoordelikheid op 'n minderheidsgroep lê om 'n weg uit die impasse te vind. Drie sulke weë word ondersoek, naamlik fundamentisme, postfundamentisme en post-postfundamentisme. Omdat die eersgenoemde te imperialisties, rasionalisties en deterministies, en die tweede te relativisties bevind is, word aandag aan die derde bestee. Hierdie oriëntering word gekenmerk deur sy strewe om tussen die uiterstes van die eerste twee benaderings deur te stuur, en verder ook deur sy gesonde verstand-benadering. Weens die epistemologiese ewewigtigheid daarvan kan die post-postfundamentistiese benadering vir minderheidsgroep-strategiese beplanners 'n waardevolle oriënteringspunt wees.

Palabras clave : fundamentisme; postfundamentisme; postmodernisme; post-postfundamentisme; minderheidsgroepe; opvoeding; onderwys; regte; waardes; strategie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons