SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4Doing philosophy in classroom teachingRecognition of minority groups, their general and educational ideals: Is there another way out? índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

NEWMAN, Linda  e  LE CORDEUR, Michael. Opvoeders se perspektiewe rakende die gebruik van die leesperiode en skoolbiblioteke in geselekteerde skole in die Noord-Kaap. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.805-819. ISSN 2224-7912.

Alhoewel lees 'n noodsaaklike vaardigheid is, dui navorsing daarop dat leesprobleme ernstige afmetings aanneem in Suid-Afrika. Om die leesvermoëns van leerders te verbeter, het die Noord-Kaapse Onderwysdepartement (NKOD) 'n verpligte leesperiode ingestel om lees tot sy reg te laat kom. Hierdie artikel beskryf die studie wat ondersoek instel na die gebruik van die leesperiode en die skoolbiblioteek. Daar is van die navorsingshipotese uitgegaan dat opvoeders leerders nie genoeg blootstelling aan lees gee nie en dus nie 'n leeskultuur by leerders kweek nie omdat hulle die leesperiode en die biblioteek as hulpbron ignoreer. Data is versamel by twee geselekteerde hoërskole in die Namakwa-distrik met behulp van vraelyste en fokusgroeponderhoude met die graad 8- en 9-opvoeders. Die studie bevestig die navorsingsvraag dat die leesperiode nie geïmplementeer word nie en dat die skoolbiblioteek as 'n bron vir die bevordering van die geletterdheidsvlakke van die leerders, onderbenut word.

Palavras-chave : Leesprobleme; leesperiode; skoolbiblioteek; kultuur van lees; Namakwa-distrik; geletterdheidsvlakke.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )