SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

NEWMAN, Linda  y  LE CORDEUR, Michael. Opvoeders se perspektiewe rakende die gebruik van die leesperiode en skoolbiblioteke in geselekteerde skole in die Noord-Kaap. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.805-819. ISSN 2224-7912.

Alhoewel lees 'n noodsaaklike vaardigheid is, dui navorsing daarop dat leesprobleme ernstige afmetings aanneem in Suid-Afrika. Om die leesvermoëns van leerders te verbeter, het die Noord-Kaapse Onderwysdepartement (NKOD) 'n verpligte leesperiode ingestel om lees tot sy reg te laat kom. Hierdie artikel beskryf die studie wat ondersoek instel na die gebruik van die leesperiode en die skoolbiblioteek. Daar is van die navorsingshipotese uitgegaan dat opvoeders leerders nie genoeg blootstelling aan lees gee nie en dus nie 'n leeskultuur by leerders kweek nie omdat hulle die leesperiode en die biblioteek as hulpbron ignoreer. Data is versamel by twee geselekteerde hoërskole in die Namakwa-distrik met behulp van vraelyste en fokusgroeponderhoude met die graad 8- en 9-opvoeders. Die studie bevestig die navorsingsvraag dat die leesperiode nie geïmplementeer word nie en dat die skoolbiblioteek as 'n bron vir die bevordering van die geletterdheidsvlakke van die leerders, onderbenut word.

Palabras clave : Leesprobleme; leesperiode; skoolbiblioteek; kultuur van lees; Namakwa-distrik; geletterdheidsvlakke.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons