SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

NEWMAN, Linda  and  LE CORDEUR, Michael. Opvoeders se perspektiewe rakende die gebruik van die leesperiode en skoolbiblioteke in geselekteerde skole in die Noord-Kaap. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.805-819. ISSN 2224-7912.

Alhoewel lees 'n noodsaaklike vaardigheid is, dui navorsing daarop dat leesprobleme ernstige afmetings aanneem in Suid-Afrika. Om die leesvermoëns van leerders te verbeter, het die Noord-Kaapse Onderwysdepartement (NKOD) 'n verpligte leesperiode ingestel om lees tot sy reg te laat kom. Hierdie artikel beskryf die studie wat ondersoek instel na die gebruik van die leesperiode en die skoolbiblioteek. Daar is van die navorsingshipotese uitgegaan dat opvoeders leerders nie genoeg blootstelling aan lees gee nie en dus nie 'n leeskultuur by leerders kweek nie omdat hulle die leesperiode en die biblioteek as hulpbron ignoreer. Data is versamel by twee geselekteerde hoërskole in die Namakwa-distrik met behulp van vraelyste en fokusgroeponderhoude met die graad 8- en 9-opvoeders. Die studie bevestig die navorsingsvraag dat die leesperiode nie geïmplementeer word nie en dat die skoolbiblioteek as 'n bron vir die bevordering van die geletterdheidsvlakke van die leerders, onderbenut word.

Keywords : Leesprobleme; leesperiode; skoolbiblioteek; kultuur van lees; Namakwa-distrik; geletterdheidsvlakke.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License