SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VERHOEF, A H. Paul Ricoeur en die belang van 'n transendente aard van geluk. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.771-787. ISSN 2224-7912.

In sy filosofiese antropologie ontwikkel Ricoeur 'n unieke verstaan van geluk, in aansluiting by Aristoteles en Kant, maar ook in reaksie op die eksistensialisme van sy tyd. Ricoeur se verstaan van geluk as transenderend van aard staan in kontras met kontemporêre immanente beskouinge van geluk. Ricoeur slaag daarin om die mens se oneindige begeertes en feilbaarheid in verband te bring met die mens se ewige soeke na geluk: die ontwykende en oneindige aard van geluk is vir hom 'n noodsaaklike teenpool vir die eindige, eksistensieel ontkennende pool van die mens, wat albei inherent deel van die menslike aard is. Volgens Ricoeur se begrip van geluk is dit dus deel van die mens se voortgaande hermeneuties eksistensiële projek, en dit is nie-reduksionisties en transenderend van aard. Dit is juis Ricoeur se verstaan van geluk as transenderend van aard wat dit van voortgesette waarde maak vir die kontemporêre interdissiplinêre soeke na en verstaan van geluk.

Keywords : Paul Ricoeur; geluk; transendensie; filosofiese antropologie; positiewe psigologie; eudaimonia; immanensie; eksistensialisme; subjektiewe welsyn; menslike begeertes.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License