SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

PIENAAR, Wessel. Die uitbreiding van kostevoordeelontleding met sosiale evaluering in die beplanning van openbare padbou- projekte: Voorstel ter ondersteuning van die skep van 'n ontwikkelingstaat. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.753-770. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word die groei- en ontwikkelingsvoordele wat uit ekonomies geregverdigde padbouprojekte kan spruit, geïdentifiseer. Die streeksekonomiese voordele wat paaie kan bied, word uiteengesit. Die groepe niepadgebruikers wat by 'n padbouprojek kan baat, word uitgewys. Die bedryfseienskappe van padvervoer wat heilsaam is vir die stimulering van ekonomiese aktiwiteite word aangedui. Die huidige ongelyke inkomsteverdeling in Suid-Afrika word kortliks toegelig. 'n Uiteensetting word gebied van hoe die kostevoordeelontleding en keuse van padbouprojekte met die gebruik van billikheidsgewigte in sosiale evaluering gekomplementeer kan word om 'n meer aanvaarbare welvaartsverdeling in Suid-Afrika te bewerkstellig. Daar word aangevoer dat kostevoordeelontleding met sosiale evaluering gekoördineer moet word sodat besluitnemers ingelig word oor watter padbouprojekte sowel toewysingsdoelmatigheid as verdelingsdoeltreffendheid sal bevorder. Die bespreking word aangevul met 'n voorbeeld wat aantoon hoe padbouprojekte op grond van welvaartverdelingsoorwegings geprioriseer kan word.

Palabras clave : Beweeglikheid; doeltreffendheid; geleentheidskoste; gewilligheid om te betaal; Gini-koëffisiënt; grensnut; kostevoordeelontleding; nut; sosiale evaluering; toeganklikheid; toewysingsdoelmatigheid; verdelingsdoel-treffendheid; waarde; welvaart.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons