SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

PIENAAR, Wessel. Die uitbreiding van kostevoordeelontleding met sosiale evaluering in die beplanning van openbare padbou- projekte: Voorstel ter ondersteuning van die skep van 'n ontwikkelingstaat. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.753-770. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word die groei- en ontwikkelingsvoordele wat uit ekonomies geregverdigde padbouprojekte kan spruit, geïdentifiseer. Die streeksekonomiese voordele wat paaie kan bied, word uiteengesit. Die groepe niepadgebruikers wat by 'n padbouprojek kan baat, word uitgewys. Die bedryfseienskappe van padvervoer wat heilsaam is vir die stimulering van ekonomiese aktiwiteite word aangedui. Die huidige ongelyke inkomsteverdeling in Suid-Afrika word kortliks toegelig. 'n Uiteensetting word gebied van hoe die kostevoordeelontleding en keuse van padbouprojekte met die gebruik van billikheidsgewigte in sosiale evaluering gekomplementeer kan word om 'n meer aanvaarbare welvaartsverdeling in Suid-Afrika te bewerkstellig. Daar word aangevoer dat kostevoordeelontleding met sosiale evaluering gekoördineer moet word sodat besluitnemers ingelig word oor watter padbouprojekte sowel toewysingsdoelmatigheid as verdelingsdoeltreffendheid sal bevorder. Die bespreking word aangevul met 'n voorbeeld wat aantoon hoe padbouprojekte op grond van welvaartverdelingsoorwegings geprioriseer kan word.

Keywords : Beweeglikheid; doeltreffendheid; geleentheidskoste; gewilligheid om te betaal; Gini-koëffisiënt; grensnut; kostevoordeelontleding; nut; sosiale evaluering; toeganklikheid; toewysingsdoelmatigheid; verdelingsdoel-treffendheid; waarde; welvaart.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License