SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BREED, Adri  and  VAN HUYSSTEEN, Gerhard. Aan die en besig in Afrikaanse progressiwiteits-konstruksies: die ontstaan en ontwikkeling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.708-725. ISSN 2224-7912.

In 'n tweetal artikels (hierdie artikel en Breed & Van Huyssteen (voorgele)) stel ons ondersoek in na die wyse waarop twee perifrastiese konstruksies, te wete die VKOP besig om te V- en die VKOP aan die V-konstruksies, gebruik word om progressiewe betekenis in Afrikaans uit te druk. Die bespreking word gebaseer op 'n korpusondersoek waarin drie Afrikaanse perifrastiese progressiewe konstruksies (d.i. die twee genoemde konstruksies, sowel as die Vpos en V-konstruksie; sien Breed 2012 en Breed & Brisard voorgele) met mekaar vergelyk is. Drie ewekniekonstruksies word in Nederlands gevind, en daarom word die konstruksies ook, waar ter sake, met die Nederlandse konstruksies vergelyk. Aangesien Breed & Brisard (voorgele) fokus op die Vpos en-konstruksies, handel hierdie tweetal artikels oor die besig- en aan die-progressiewe. Terwyl die tweede artikel se fokus is om, aan die hand van die korpusondersoek se resultate, die spesifieke wyses aan te dui waarop die twee konstruksies gebruik word, is die hoofdoelwit van hierdie eerste artikel om die twee konstruksies se totstandkoming en ontwikkeling aan te toon. In hierdie artikel word die grammatikaliseringsproses aan die hand van die evolusie van die hoofwerkwoord het tot temporele hulpwerkwoord verduidelik, en daar word aangetoon dat die aan die-/aan het-konstruksies lokatiewe oorsprong het, terwyl die oorsprong van die besig-/bezig-konstruksies leksikaal gemotiveerd is.

Keywords : aspek; imperfektief; progressief; perifrastiese konstruksie; grammatikalisering; Afrikaans; Nederlands.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License