SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languagesDevelopment and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

KOTZE, Ernst. Afrikaans as besitting, en die vraagstuk van herstandaardisering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.635-655. ISSN 2224-7912.

Die siening van taal as besit van die Afrikaanse taalgemeenskap, individueel en kollektief, word in hierdie artikel ondersoek en in verband gebring met die verskeidenheid van variëteite wat in die taalgemeenskap bestaan. Die vertrekpunt is die verskillende benaderings van die sosiolinguistiek, die intellektueelgoederereg en taalbeplanning tot taal as entiteit. In die laaste instansie word daar gefokus op die aard en funksie van standaardtaal as (dikwels omstrede) variëteit en die vraag of die herstandaardisering van Afrikaans as regstelling van historiese gebreke in die standaardi-seringsgeskiedenis oorweeg kan word. Dit blyk uit 'n ontleding van alle verbandhoudende faktore dat herstandaardisering 'n relatiewe begrip is en nie gelykgestel kan word aan demokratisering nie (vergelyk Kotzé 2011b), en daar veel effektiewer alternatiewe wyses bestaan om sprekersvariëteite van Afrikaans tot hulle reg te laat kom.

Palabras clave : taal as eiendom; taal en kultuur; taal en die reg; standaardafrikaans; gebruikersvariëteit; gebruiksvariëteit; taalnorme; taalnormeerders; Taal-kommissie; demokratisering; herstandaardisering; destandaardisering; taalbeplanning.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons