Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
KOTZE, Ernst. Afrikaans as besitting, en die vraagstuk van herstandaardisering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.635-655. ISSN 2224-7912.
Die siening van taal as besit van die Afrikaanse taalgemeenskap, individueel en kollektief, word in hierdie artikel ondersoek en in verband gebring met die verskeidenheid van variëteite wat in die taalgemeenskap bestaan. Die vertrekpunt is die verskillende benaderings van die sosiolinguistiek, die intellektueelgoederereg en taalbeplanning tot taal as entiteit. In die laaste instansie word daar gefokus op die aard en funksie van standaardtaal as (dikwels omstrede) variëteit en die vraag of die herstandaardisering van Afrikaans as regstelling van historiese gebreke in die standaardi-seringsgeskiedenis oorweeg kan word. Dit blyk uit 'n ontleding van alle verbandhoudende faktore dat herstandaardisering 'n relatiewe begrip is en nie gelykgestel kan word aan demokratisering nie (vergelyk Kotzé 2011b), en daar veel effektiewer alternatiewe wyses bestaan om sprekersvariëteite van Afrikaans tot hulle reg te laat kom.
Keywords : taal as eiendom; taal en kultuur; taal en die reg; standaardafrikaans; gebruikersvariëteit; gebruiksvariëteit; taalnorme; taalnormeerders; Taal-kommissie; demokratisering; herstandaardisering; destandaardisering; taalbeplanning.