SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4A critical assessment of a few of the literary prizes awarded by The South African Academy for Science and ArtsA preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western Cape índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

OLIVIER, Jako. Kom join die PUK: die gebruik van Engels in honneursprogramme op 'n Afrikaanse universiteits- kampus van die NWU. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.610-634. ISSN 2224-7912.

Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) word histories met Afrikaans geassosieer, maar Engels word ook as onderrigmedium veral by honneursprogramme op dié kampus gebruik. Die prominensie van Engels aan hierdie instansie en die belangrikheid van die taal is reeds in die vormingsjare van die instelling erken. Dit is egter belangrik om die gebruik van Afrikaans aan 'n hoëronderwysinstelling te kontekstualiseer met betrekking tot die voordele wat moedertaalonderrig inhou, taaloordrag van vaardighede wat van 'n moedertaal na 'n addisionele taal plaasvind, die status wat Afrikaans (en ander tale) met betrekking tot Engels geniet, relevante navorsing met betrekking tot twee- en meertaligheid sowel as die kwessie van funksionele meertaligheid. Bestaande nasionale wetgewing en beleidsdokumente sowel as die NWU se taalbeleid is ook in hierdie verband relevant. Die gebruik en behoefte aan Engels as onderrigmedium is 'n realiteit en die hantering daarvan kan deur middel van enkelmedium, parallelmedium, dubbelmedium of onderrig met behulp van opvoedkundige tolking geakkommodeer word. Uit die literatuuroorsig is veral opvoedkundige tolking steeds 'n wenslike opsie. As daar na die taalverspreiding en -voorkeure van studente gekyk word, is dit duidelik dat Afrikaans steeds prominent is, maar dat die persentasie Afrikaanssprekendes aan die afneem is. Engels word reeds as onderrigmedium gebruik ter wille van die akkommodering van studente en ter voorbereiding van die industrie buite die universiteit. Die artikel beveel verdere navorsing aan met betrekking tot Engelse akademiese vaardighede en opvoedkundige tolking (spesifiek uit Engels in Afrikaans) met die klem op die fasilitering van wedersydse kommunikasie in die tolkingsproses.

Palavras-chave : Noordwes-Universiteit; PU vir CHO; taalbeleid; taalbeplanning; Afrikaans as onderrigmedium; Engels as onderrigmedium; dubbelmediumonderwys; parallelmediumonderwys; opvoedkundige tolking.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons