SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4The contractual dimension of constitutions: new challenges for South Africa?Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languages índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

BORNMAN, Elirea; PAUW, J C  e  POTGIETER, Petrus H. Houdings en opinies oor moedertaalonderrig en die keuse van 'n universiteit: Afrikaanssprekende studente aan Unisa. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.596-609. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel fokus eerstens op die persoonlike en akademiese voordele van moedertaalonderrig, asook die invloed daarvan op die welsyn van taalgroepe, hulle regte en mense se identiteit. Politieke omstandighede wat meegebring het dat moedertaalonderrig in Afrikaans, en veral in hoër onderwys, sterk agteruitgaan, word verder gedek. Aan die ander kant word die belangrike rol van die houdings, opinies en taalkeuses binne 'n taalgemeenskap beklemtoon. Ons ontleed vervolgens die response van Afrikaanssprekende studente aan Unisa op 'n internetvraelys rakende hulle menings oor moedertaalonderrig in hoër onderwys en faktore wat hulle beïnvloed het om aan Unisa te studeer. Van die totale ondersoekgroep van 2 749 respondente het 50,7% in Afrikaans gestudeer en 48,5% in Engels - 1,5% het nie op dié vraag gereageer nie. Noemenswaardige getalle van die studente wat in Engels gestudeer het, het aangedui dat hulle wel van Afrikaanse studiemateriaal gebruik gemaak het. Die Afrikaansmedium-studente het egter beduidend sterker positiewe opinies oor die akademiese wenslikheid van moedertaalonderrig gehad, en het ook beduidend meer waarde geheg aan onderrig in Afrikaans as 'n faktor in die keuse van Unisa as 'n universiteit. Gevolgtrekkings word gemaak oor die waarde van positiewe ervarings rakende moedertaalonderrig en die verspreiding van kennis oor die voordele daarvan.

Palavras-chave : Moedertaalonderrig; Afrikaans; Taalkeuses; Taalopinies; Hoër onderwys; Medium van onderrig; Keuse van universiteit; Unisa.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons